Afrikaans op Krooninfo
Ek vra om verskoning dat Krooninfo huidiglik nog nie in Afrikaans beskikbaar is nie, maar ek belowe dat dit 'n absolute prioriteit is om Afrikaans op Krooninfo tot sy regmatige plek te bevorder! Wees verseker ek werk daaraan en dat Krooninfo spoedig 100% tweetalig sal wees.
Alles op Krooninfo is gratis, maar nie kosteloos nie...
Alles op Krooninfo is gratis in terme van Rande en Sente. Dus kan elke besigheid, elke onderneming, elke instansie in Kroonstad op die Internet verskyn. Daardeur word almal in Kroonstad bevoordeel.
Daar is wel 'n prys verbonde aan enige plasing of publisiteit op Krooninfo en dit is om aub 'n skenking aan die Eden Christelike Bediening te maak ( http://krooninfo.co.za/eden )
Of die skenking in kontant, kos, klere of wat ook al is, hoe groot, of hoe klein ook al, dit hang van u eie oordeel af. Asseblief, seën vir Eden uit u oorvloed, want die gemeenskap wat nie so bevoorreg is soos ek en u nie, is absoluut afhanklik van seëninge vir hul dag-tot-dag bestaan.